'n Trui is 'n gebreide kledingstuk, wat tradisioneel van wol of katoen gemaak word. Dit het moue en word oor die kop aangetrek, omdat dit nie oop is aan die voorkant nie, in teenstelling met 'n sweetpaktop of 'n cardigan. Dit is gewoonlik noupassend en masjiengebrei in teenstelling met 'n "Guernsey" wat meer dikwels handgebrei is met dikker gare.